Vermoorde regter se weduwee in hof
2011-08-11 15:20
Kaapstad – Die saak teen Thandi Maqubela, weduwee van die vermoorde waarnemende regter van die Wes-Kaapse hooggeregshof, Patrick Maqubela, is tot 26 Augustus uitgestel.
Mev. Maqubela en Vela Mabena word aangekla van die moord op haar man in Junie 2009. Die regter se lyk is op 7 Junie in sy woonstel gevind. Aanvanklik is gedink hy is aan natuurlike oorsake dood.
Die saak is uitgestel vir mev. Maqubela om haar regspan aan te stel.
Die staat wil haar borgtog van R100 000 kanselleer nadat sy haar vorige hofverskyning misgeloop het. Sy is by die Helen Joseph-hospitaal gevind. Daar was geen sprake van haar mediese toestand in die hof nie.
Sy sal tot haar volgende hofverskyning in aanhouding bly.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA