Vermoorde onderwyser se lyk in pad gevind
2011-09-25 19:08
Johannesburg – ‘n Skoolonderwyser is Sondag dood gevind op ‘n gruispad in Five Morgan, Dennilton, het die polisie in Limpopo gesê.
Die lyk van die 47-jarige man, met sy langbroek wat om sy nek gebind was, is omstreeks 07:00 deur ‘n verbyganger gevind, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
Die wil voorkom of die man se lyk agter sy motor, wat twee kilometer weg van sy lyk gevind is, aan gesleep is. Die motorradio is gesteel, het Ramatseba gesê.
Die motief vir die moord is nie bekend nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA