Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Vermoorde man het vrou glo mishandel, hoor hof

2013-02-18 12:33
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 'n Vrou wat van die moord op haar man beskuldig word, het in die Middelburg-landdroshof gesê hy het haar en haar kinders gereeld mishandel.

Ronell Botma doen aansoek om borgtog in die saak waarin sy aangekla word van die moord op haar man, Tizi Ciciliato.

Botma het verlede week saam met haar huiswerker, Annah Mokwana (51), dié se suster, Bule Dinah Mo­kwana (45), Mbuso Khoza (29), Hendrik Chego (29), Doctor Jacob Tlou (30) en Tsietsi Letsebe (34) in dié hof verskyn. Die saak is tot Maandag uitgestel, berig Beeld.

Dié sewe staan tereg op aanklagte van moord, sameswering tot moord, roof met verswarende omstandighede en regsverydeling.

Ciciliato is twee weke gelede in sy huis in dié dorp vermoor. Hy is met ’n mes gesteek en met ’n hamer oor die kop geslaan.

Josef van Eeden, Botma se prokureur, het ’n psigiatriese verslag oor Botma in die hof voorgelees.

In dié verslag, deur prof. Vollie Spies van die Universiteit van Pretoria, het sy Botma vroeër in die week geëvalueer.

Sy sê Botma en Ciciliato het sedert 1993 saam gewoon. Twee jaar later het die verhouding se dinamika verander en het Ciciliato haar erg emosioneel, verbaal en fisiek begin mishandel.

“Sy mag geen besluite geneem het nie en hy het haar begin isoleer. Hy het haar finansies ingeperk en haar verbied om buite gesinsverband te sosialiseer.”

Luidens die verslag het Ciciliato reëls in die huis neergelê wat sonder teëstribbeling gehoorsaam moes word.

Hy het Botma ook glo verskeie kere gewurg, haar kop teen die muur gestamp, haar aan haar hare rondgeruk en beledig.

Luidens die verslag wou Botma sowat vier tot vyf jaar gelede die verhouding beëindig, maar Ciciliato het haar glo met die dood gedreig.
       
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  hof
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Afrikaner Gewete sê... "Zuma het gesê dit beteken egter nie dat verkeerde dade goedgepraat word nie." Ons het ook nog nie gehoor dat hy die verkeerde dade ten sterkste afkeur en die skuldiges vervolg nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Sandton - 07:57 AM
    Road name: M1 Northbound
    STATIONARY VEHICLE before the Grayston Drive exit - DELAYS from Glenhove Road
  • Thursday Boksburg - 07:57 AM
    Road name: N12 Westbound
    OVERTURNED VEHICLE before the Atlas Road exit - DELAYS from Tom Jones Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.