Vermoorde driejarige wou lofkleuter word

2010-12-05 06:26
Tweets Share Share line Print

Rapport

Die driejarige meisie wat koelbloedig saam met haar ouers op hul plaas in die Lindley-distrik in die Vrystaat vermoor is, wou graag een van die gospelsanger Jan de Wet se “lofkleuters” wees.

Willemien Potgieter kon ure lank luister na die liedjies wat De Wet saam met kinders sing en het dan saamgesing.

Sy sou dan daarna op haar ouma se skoot klim en vra wanneer kan sý eendag saam met “oom Jan de Wet” sing.

Die Potgieter-gesin is Woensdag op hul plaas, Tweefontein, aangeval en vermoor. Volgens die polisie is Attie Potgieter (40) buite die huis oorval en sy vrou, Wilna (36), in die huis in teregstellingstyl in die agterkop geskiet. Die moordenaars het Willemien glo ook só in die buitekamer doodgeskiet.

Bokkie van Staden, Willemien se ouma, sê die familie is baie seer en verbitterd.

“Sy was so klein. Vir wat? Wilna-hulle was so jonk en het bykans sewe jaar gesukkel om swanger te raak met Willemientjie. Óns is gedaan.”

Van Staden sê Willemien was ’n kosbare mensie en álmal wou met haar speel.

“Ek is so dankbaar dat ons haar gehad het en ook met ander kon deel. Al was dit kort.”

Pinkie Craven, Vrystaat Landbou se veiligheidsverteenwoordiger in die Oos-Vrystaat, sê: “Die polisie het wel verdagtes in hegtenis geneem, maar dit sal nie die Potgieters terugbring nie.

“Die boeregemeenskap is baie ongelukkig, verbitterd en verslae oor die barbaarse manier waarop die gesin vermoor is. Dit was ’n gawe, eerbiedige gesin en ons was almal lief vir klein Willemien.”

André Botha, Agri SA se voorsitter oor landelike beveiliging, het die moord betreur en gesê plaasmoorde in Suid-Afrika is ’n gevaar vir voedselsekerheid.

“Hulle (die vermeende moordenaars) het nie net onskuldige mense vermoor nie, maar nóg ’n hand afgekap wat Suid-Afrika van kos voorsien. Dié misdadigers doen afbreuk aan stabiliteit en vooruitgang.”

Die polisie het met die hulp van Vrystaat Landbou se intelligensiediens ses mans in hegtenis geneem.

Kol. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê drie van die mans is werkers op die Potgieters se plaas.

“Drie is op Tweefontein in hegtenis geneem en die ander drie in die nabye woonbuurt. Hulle is tussen 17 en sowat 40 jaar oud en verskyn Maandag in die Lindley-landdroshof.”

Die Potgieter-gesin word Donderdag om 11:00 vanuit die NG kerk op Lindley begrawe.

- Rapport

Lees meer oor: misdade  |  moorde  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.