Vermoorde ANC-takleiers ter ruste gelê
2012-09-22 20:02
Johannesburg – Twee ANC-takleiers van KwaZulu-Natal se Suidkus wat vroeër die maand vermoor is, is Saterdag ter ruste gelê, het die regerende party gesê.
Die begrafnisdiens vir Dumisani Malunga en Bheki Chiliza is by die Vusushaba-sportterrein naby Port Shepstone gehou, het Bongani Shisa Mthembu, 'n woordvoerder, in 'n verklaring gesê.
Malunga, taksekretaris van Oshabeni, en Chiliza, voorsitter van die tak, is op 9 September doodgeskiet terwyl hulle huis toe gery het ná 'n ANC-vergadering.
Sifiso Khumalo, wat op 10 September in hegtenis geneem is, het Maandag skuldig gepleit op die moord op Malunga.
Khumalo het in 'n verklaring gesê hy en sy medebeskuldigde, Samuel Cele, het 'n huurmoordenaar gevra om Malunga om die lewe te bring.
Die huurmoordenaar het egter, toe hy Malunga en Bheki Chiliza saam gesien het, besluit om hulle albei dood te skiet.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA