Vermiste tweejarige gevind
2010-01-19 15:03
Johannesburg – ‘n Tweejarige dogtertjie wat saam met haar pa verdwyn het nadat hy haar ma met ‘n mes doodgesteek het, is Dinsdag deur polisie opgespoor.
Die man en sy meisie het glo Sondag ‘n uitval by huil huis in Germiston gehad, waartydens hy sy meisie met 'n mes doodgesteek het. Hy het glo daarna met hul dogter gevlug.
“Polisie het die kind by die man se suster se huis gevind. Hy het dadelik daarheen gegaan nadat hy die kind se ma vermoor het en die kind daar gelos,” het kapt. Steady Nawa gesê.
Die man het glo aan sy suster gesê dat hy winkel toe gaan maar het nie weer teruggekeer nie.
Die man is nog op vrye voet.
- Sapa