Vermiste tieners met hul gesinne herenig

2011-08-22 08:55
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Trane van blydskap het die naweek in die Heidedalse polisiekantoor oor twee ma’s se wange geloop nadat hul vermiste dogters opgespoor is, enkele ure nadat ’n berig in Volksblad verskyn het.

Bessie Smith en Koba van Rooi, die ma’s van onderskeidelik Evodia Arends (16) en Raquel Louw (19), kon Sondag nie ophou om hul verligting en dankbaarheid uit te spreek dat hulle hul dogters ná drie weke van slapelose nagte weer kon vashou nie.

“Dit was oorweldigend. Dit was net die Here se genade dat niks met hulle gebeur het nie,” sê van Rooi.

Sy sê die dogters praat nie veel oor hul “verdwyning” nie en ook nie oor waar hulle was nie.

Al wat die ma’s in die stadium weet, is dat hul dogters weggeloop het, en in ’n stadium selfs Johannesburg toe was.

Hulle beweer hulle het in die tyd by verskillende “vriende” gebly.

’n Anonieme leser was Saterdag in die Bloemfonteinse middestad toe hy twee meisies op Hoffmanplein sien sit het.

“Hulle het vir my net soos die meisies van Heidedal gelyk waaroor ek die oggend in Volksblad gelees het, maar ek het eers weer na my koerant gaan kyk. Daarna was ek seker dit móét hulle wees.”

Die meisies het drie sakke, insluitend hul handsakke, by hulle gehad.

Die leser het die private speurder, Leon Rossouw, gebel. Rossouw se nommer het onderaan die berig verskyn.

Rossouw het met die hulp van die man die meisies na die Heidedalse polisiekantoor gebring.

Van daar het hulle die meisies se ma’s gebel.

Van Rooi sê hulle is nou in kontak met ’n maatskaplike werker.

“’n Mens lees elke dag in die koerante van die verskriklike goed wat gebeur, die dwelmnetwerke. Ek het vir die Here gevra, waar het ek as ma gefaal?

“As ma is ek ook nie volmaak nie. Toe my kind weg was, het ek gevoel soos ’n mislukking.”

Smith sê sy kan nie ophou dankie sê nie.

“Ek kan net vir die Here sê dankie dat hulle lewe. Ek kan nie my blydskap verwoord nie. Evodia het gesê ek moet haar vergewe. Ek kan aan niemand beskryf hoe seer, hoe bitter seer dit was nie. Dankie...”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste kinders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.