Vermiste tiener se lyk gevind
2011-09-11 15:20
Johannesburg – Verbygangers het ‘n tienermeisie, wat onlangs verdwyn het, se lyk naby Mthatha gevind, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.
Lt.kol. Mzukisi Fatyela sê die 19-jarige meisie se lyk is in ‘n veld naby die Nqwathi- informele nedersetting gevind.
Die meisie het talle steekwonde aan haar bo-lyf gehad.
“Die vrou is op 8 September as vermis aangemeld en ons weet nie wat die motief vir die misdaad is nie,” het Fatyela gesê.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA