Vermiste skoolmeisie se lyk glo op plaas gevind

2011-10-12 22:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die lyk van ‘n ontvoerde skoolmeisie van Roodepoort is Woensdagmiddag op ‘n plaas in Magaliesburg gevind.

Die Gautengse onderwysdepartement het skok en medelye uitgespreek.

“Ons stuur ons diepste medelye aan die familie en wens hulle sterkte toe tydens hierdie baie moeilike tyd,” het Charles Phahlane, woordvoerder, gesê.

Hy het gesê die departement het verneem die erg verbrande lyk was dié van die 17-jarige Louise de Waal van die Hoërskool Die Burger.

Die Gautengse polisie wou egter nie spekuleer of die lyk wel dié van die ontvoerde skoolmeisie is nie.

“Ons kan nie bevestig dat dit die vermiste tiener se lyk is totdat die DNS-toetse terugkom ná toetse nie,” het lt. kol. Tshisikhawe Ndou gesê.

Hy het gesê die lyk, wat só erg gebrand is dat die persoon nie uitgeken kan word nie – is deur ‘n boer ontdek, wat rook op sy plaas gesien en ondersoek ingestel het.

Volgens Ndou is ‘n grey Toyota Hilux-bakkie, wat die beskrywing pas van die motor wat gebruik is om die tiener Woensdagoggend te ontvoer, verlate by ‘n huis in Florida, Roodepoort, gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.   

‘n Man het die meisie Woensdagoggend ontvoer toe sy op pad skool toe was in Roodepoort aan die Wes-Rand.

‘n Bakkie het omstreeks 07:00 afgetrek langs twee meisies op die hoek van Rina- en Hermanstraat in White Ridge.

“’n Man het uitgeklim en die tiener beveel om in die voertuig te klim. Toe sy geweier het, het hy ‘n vuurwapen op haar gerig totdat sy ingegee het,” het Ndou gesê.

Die ander meisie het weggehardloop terwyl die bakkie met haar vriendin weggejaag het. Die meisies was albei leerlinge van die Hoërskool Die Burger.

Volgens Ndou is die man vermoedelik tussen 20 en 30 jaar oud en het hy bruin hare. Die vermiste meisie het ‘n rooi en swart romp en ‘n swart trui met ‘n geel kraag aangehad.

Die ondersoek duur voort.

Lees hier meer.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.