Vermiste seun se lyk gevind
2009-10-19 10:28
Johannesburg - Die liggaam van die negejarige seun van Eldorado Park wat Sondag vermis geraak het, is in 'n stroom naby die plek waar hy laas gesien is, gevind, het eNews berig.
Volgens Sapa het nooddienste van Johannesburg hul soektog vanoggend hervat na die seun wat vermoedelik deur die Klipspruitrivier meegesleur is, het ‘n amptenaar gesê.
Die seun het Sondag vermis geraak nadat hy saam met ‘n maat by die oorgang van die Klipspruitrivier by Eldorado Park se Uitbreiding 9 gespeel het.
“Sy vriend sê hy het gesien hoe die seun wegspoel,” het Nana Radebe, polisiewoordvoerder, gesê.
- Nuus24