Vermiste meisie se lyk gevind
2012-01-07 22:00
Johannesburg – Die lyk van ‘n 14-jarige meisie wat naby Polokwane in Limpopo verdwyn het, is Saterdag in ‘n verlate huis naby haar woning gevind, het die polisie gesê.
Mahlatse Mandy Ramalobela, van die Chabelang informele nedersetting in Sekgosese, het op 10 Oktober verlede jaar op pad skool toe verdwyn.
Ao. Eric Mashego sê die lyk is onder ‘n bed in die leë huis in die dorp gevind. Die polisie vermoed dat die meisie verkrag en vermoor is.
Die tiener se hande en bene is met skoenveters aanmekaar gebind.
Die lyk was reeds in ‘n gevorderde stadium van ontbinding en is deur die meisie se skooluniform en skoolsak geïdentifiseer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA