Vermiste meisie (8) se lyk in bosse gevind
2011-10-11 17:56
Kaapstad – Die lyk van 'n vermiste agtjarige meisie is Dinsdagoggend in die bosse in Khayelitsha buite Kaapstad gevind, het die polisie gesê.
Zikhona Qhayi is om 01:00 by die Harare-polisiekantoor as vermis aangemeld. Haar lyk is om 08:00 in die bosse naby die spoorlyn naby haar huis gevind, het lt. kol. André Traut gesê.
"Zikhona is laas gesien toe sy gisteraand (Maandag) met vriende buite haar huis gespeel het. 'n Lid van die publiek het vanoggend (Dinsdag) op haar lyk afgekom."
Traut het gesê die omstandighede rondom die meisie se dood word ondersoek. Die oorsaak van haar dood is nog nie vasgestel nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA