Vermiste man se lyk spoel op strand uit
2012-01-20 21:41
Johannesburg – Die lyk van ‘n man is op ‘n Kaapstadse strand gevind, het die stad se rampbestuur gesê.
Igshaan Ariefdien (27) se lyk het Vrydag by die Swartklip-strand uitgespoel, het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder vir die rampbestuur, gesê.
Ariefdien het drie dae gelede vermis geraak. Hy was besig om saam met ‘n vriend lyfplank te ry toe hy in ‘n sterk stroom by die Mnandi-strand vasgekeer geraak het.
Solomons-Johannes sê Ariefdien se familielede was op die toneel.
Sy lyk sal na die Soutrivier-lykshuis geneem word en ‘n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.
Die soektog na ‘n tweede man, Jerome Booysen (35) van Rugby in Kaapstad, wat ook Woensdag vermis geraak het, sal voortgesit word, het Solomons-Johannes gesê.
Booysen het in ‘n sterk stroom in die Milnerton-strandmeer vasgekeer geraak toe hy twee vroue in die water wou help.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA