Vermiste man dood gevind
2011-06-08 20:03
Johannesburg - ‘n Man wat vroeër deur sy familie as vermis aangemeld is, is dood gewind met verskeie steekwonde oor sy hele liggaam, het die polisie in Butterworth Woensdag gesê.
Sizwe Roji (24) is Vrydag laas gesien toe hy baklei het met ‘n man, wat ‘n mes uitgepluk het, het kapt. Jackson Manatha gesê.
Hy is toe deur ‘n groep mans agternagesit.
Manatha het gesê Roji se familie het hom Saterdag as vermis aangemeld.
Oor die naweek het gemeenskapslede na hom gesoek, sonder sukses.
Hulle het Woensdag weer na hom gesoek en omstreeks 07:30 op sy lyk afgekom naby die Mputirivier in Dutywa, het Manatha gesê.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA