Vermiste kleuter se lyk gevind
2011-12-31 16:04
Kaapstad – ‘n Tweejarige seun wat twee dae gelede laas by ‘n busstop in Mitchells Plain gesien is, is Saterdagmiddag dood aangetref.
Ao. November Filander, ‘n polisiewoordvoerder, sê Tauriq Jacobs is omstreeks 14:00 deur lede van ‘n buurtwag gevind.
Filander sê hy kan bevestig dat die kleuter se lyk tussen bosse by die Imperial-laerskool in Beacon Valley gevind is.
“Op die oomblik is daar geen verdagtes nie.”
Volgens Filander is die seun se ma in aanhouding geneem vir ondervraging in verband met nalatigheid en verlating.
Patoloë en forensiese kundiges is tans op die toneel.
Die oorsaak van die seun se dood is onbekend.
Jacobs het Donderdag om 10:00 vermis geraak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA