Vermiste SAPD-lid gevind
2009-08-28 21:48
Mafele- ‘n Lid van die SAPD is opgespoor nadat hy reeds sedert Maandag vermis was.
Dít kom nadat hy in die Mafele-berge verdwyn het tydens ‘n ondersoek in die Limpopo provinsie.
Volgens Insp. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is die polisielid veilig terug nadat hy vir etlike dae in die natuur oorleef het.
Die man het deel uitgemaak van ‘n groep polisielede wat ondersoek ingestel het na onwettige mynbedrywighede.
“Hy het die afgelope paar dae van bessies geleef en water uit ‘n stroom gedrink. Hy het later ‘n dorpie ontdek waar hulle na hom omgesien het en hulp ontbied het,” het Ramatseba gesê.
–Sapa