Vermiste Britse paartjie op Tafelberg gevind
2011-10-02 13:29
Kaapstad – Die Britse paartjie wat op Tafelberg vermis geraak is Sondag ongedeerd gevind, het ‘n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid gesê.
Die paartjie, albei 28 jaar oud, het geen beserings opgedoen nie maar moes vir hipotermie behandel word.
Volgens Darren Francis het dié twee omstreeks 15:00 Saterdagmidddag in die omgewing van Maclear's Beacon vermis geraak.
"Hulle het die nag op die berg deurgebring. Lede van die Wildernis-soek-en-redding het die paartjie op die toneel behandel," het Francis gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA