Vermeende verkragters bly in aanhouding
2011-12-12 21:55
Johannesburg – Vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n tiener en haar ma verkrag het, is Maandag borgtog geweier in die Vuwani-landdroshof, het die polisie in Limpopo gesê.
Die vier mans, tussen die ouderdomme van 22 en 24, sal weer op 12 Januarie verskyn, het lt. kol. Ronel Otto gesê.
Hulle is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering die 18-jarige en haar 36-jarige ma in hul huis in Lwamondo, Vuwani, verkrag het.
“Die verdagtes het na bewering toegang tot die slagoffers se huis gekry deur ‘n venster oop te forseer.”
Die groep het ook ‘n selfoon, kontant en klere gesteel. Hulle word aangekla van verkragting en roof.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA