Vermeende rowers skiet mekaar
2011-02-28 23:00
Johannesburg - ‘n Stryery tussen drie vermeende rowers in Tembisa oor die geld wat hulle sopas gebuit het, het daartoe gelei dat twee van die mans skietwonde opgedoen het.
“Die drie verdagtes het glo ‘n persoon, wat onderweg was was na die bank, in Birchacres beroof en op die vlug geslaan,” het Ndichuwo Mulamu, polisiewoordvoerder, gesê.
Die polisie het later ‘n wenk vanaf die gemeenskap ontvang en die mans in Tembisa vasgetrek.
Met die polisie se aankoms op die toneel was twee van die verdagtes reeds gewond. Die derde verdagte kon egter daarin slaag om te ontsnap.
Die polisie het beslag gelê op ‘n vuurwapen en ‘n motor wat tydens die rooftog gebruik is.
Die twee verdagtes sal binnekort in Kempton Park in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA