Vermeende rower gewond tydens arrestasie
2010-07-07 02:08
Kaapstad – ‘n Vermeende rower is Dinsdag in die kop gewond toe die polisie probeer het om hom in hegtenis te neem vir die moord van ‘n 28-jarige man in Mount Ayliff.
Volgens kapt. Mlungisi Matidane, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het die polisie twee verdagtes in Bchuana vasgetrek.
“Een van die verdagtes is in hegtenis geneem, maar die ander het probeer vlug. Hy het op die polisie geskiet en hulle het teruggeskiet. Die man is in die kop gewond,” het Matidane gesê.
Hy is onder polisie-bewaking in die Mount Ayliff-hospitaal.
‘n Derde verdagte wat ook by die moord betrokke was, is steeds soek.
“Ons belowe ons sal hom vastrek,” het Matidane gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA