Vermeende reeksverkragter vas in Vrystaat
2011-02-14 16:10
Bloemfontein – 'n Vermeende reeksverkragter wat vroue in UniQwa en Bluegumbosch in Qwaqwa geteister het, is ná 'n intensiewe soektog in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het gesê die man is positief verbind met 10 verkragtingsondersoeke op 'n oop stuk veld tussen UniQwa en Bluegumbosch.
"Die polisie het die man in 'n bos in Kudumane in hegtenis geneem"
Mophiring het gesê verskeie vroue is tydens Desember 2010 en Januarie 2011 op die oop stuk veld agter UniQwa geteiken.
Volgens Mophiring is 'n spesiale taakspan uit verskillende polisie-eenhede aangestel nadat die polisie inligting van die publiek ontvang het.
"Die gemeenskap het hom by 'n huis in Bluegumbosch uitgewys waar hy weggekruip het."
Die man is uiteindelik gevang en in hegtenis geneem.
Die polisie het 'n beroep op slagoffers gedoen om na vore te kom.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA