Vermeende plaasaanvaller in koma

2011-12-05 07:00
Tweets Share Share line Print

Bultfontein – ’n Vermeende plaasaanvaller wat na bewering Sondagoggend ’n bejaarde man op sy plaas erg aangerand het, lê in ’n koma in die hospitaal nadat hy die boer se bakkie glo gesteel en daarna amper verongeluk het.

Die polisie sê dit blyk daar was ’n tweede man saam met hom in die ongeluk. Dié verdagte het dit reggekry om weg te hardloop voordat die polisie op die toneel gekom het.

Bennie de Ru (70) van die plaas De Erf buite Bultfontein sê hy het Sondagoggend vroeg met sy bakkie uitgery na sy beeste toe.

Hy sê toe hy omstreeks 06:00 terugkeer, het die rower hom van agter bestorm.

De Ru is erg in die gesig geslaan, maar het nie geskroom om teen sy 22-jarige aanvaller terug te baklei nie.

“Waarmee hy my geslaan het, kan ek jou nie presies sê nie. Dit was ’n plastiekpyp met iets hards soos sement binne.”

De Ru sê sy aanvaller het hom toe aan die keel gegryp en teen ’n muur só vasgedruk dat hy Sondag moeilik kon sluk.

Hy weet nie wat die aanvaller se plan was nie. Hy was ook net bewus van die een rower.

De Ru sê hy het dit in ’n stadium reggekry om uit sy aanvaller se greep te kom en het toe vir sy vrou, Lettie, wat in die huis was om hulp geskree.

“Ek het net vir haar geskree: ‘Kom help my! Kom help my! Toe ek haar sien, het ek vir haar geskree om die pistool te gaan haal.”

De Ru sê dít het waarskynlik sy aanvaller afgeskrik.

Hy het in daardie stadium self ’n paar goeie houe ingekry. Sy vrou het ook oor die Marnet-radio hulp ontbied.

Die rower het in sy Isuzu-bakkie gespring en weggejaag.

Sowat 2 km van die plaas het hy die bakkie op die grondpad omgegooi.

Hy is in hegtenis geneem en kon toe nog praat.

Die erg beseerde aanvaller is in die Bongani-hospitaal in Welkom opgeneem.

Volgens De Ru is die aanvaller in ’n kritieke toestand en in ’n koma.

De Ru se vrou het hom na die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gebring waar hy vir die wonde in sy gesig behandel is.

Hy sê dit was die tweede aanval op hulle. Hy en sy vrou is in 1995 albei erg aangerand – sy vrou só erg dat sy in die hospitaal was.

Sers. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, sê “dit gaan nie goed met die rower nie”. Hy word onder polisiebewaking behandel.

Litabe sê die rowers is vermoedelik albei van Botshabelo. Die ander verdagte word gesoek.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: ongelukke  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
60 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.