Vermeende ontvoerder se saak uitgestel
2010-06-23 13:22
Johannesburg – Die saak van een van die drie mans wat daarvan verdink word dat hulle ‘n Angolese mynmagnaat se seun ontvoer het, is Woensdag in die landdroshof in Johannesburg uitgestel.
Domingo Santiago het Woensdag apart in die hof verskyn waartydens sy saak uitgestel is tot 30 Junie.
Die ontvoerde seun se pa, Faustino Amoes, het ‘n losprys betaal in Mei-maand sodat sy seun vrygelaat kon word nadat hy in Troyeville ontvoer is.
Santiago is op R5000 borgtog vrygelaat tydens ‘n vorige verskyning in die hof.
Sy medebeskuldigdes, Francisco Jose en Fernando Jamba, sal na verwagting later Woensdag in die hof verskyn.
Jamba het glo aan die polisie gesê dat hy vanaf Angola afkomstig is. Hy het egter ‘n Mosambiekse paspoort in sy besit gehad.
Jose, wat in Mosambiek gebore, het beweer dat hy ‘n Suid-Afrikaner is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA