Vermeende motordiewe vasgetrek
2010-07-01 05:16
Johannesburg – Twee verdagtes wat glo ‘n taxi in Randburg gesteel het, is Woensdag in hegtenis geneem ná ‘n dramatiese jaagtog op die M1-hoofweg, het die metropolisie in Johannesburg gesê.
“Die twee verdagtes, beide 21, het die taxi glo in Randburg gesteel,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, gesê.
Die metropolisie is van die voorval in kennis gestel en het die taxi omstreeks 17:00 op die M1-hoofweg naby die R554 opgemerk.
‘n Jaagtog het gevolg en die verdagtes is vasgetrek.
Beide mans sal binnekort in Randburg in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA