Vermeende moordenaar drink glo gif

2011-01-12 06:54
Tweets Share Share line Print

Theunissen - Die lyk van Johnny Hitchcock, verkeershoof van die dorp, wat later vanjaar vir die skietdood van sy vrou tereg sou staan, is Maandagnag in sy huis gekry.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig dat Hitchcock (42) omstreeks 23:00 dié aand op sy bed gekry is.

Daar bestaan twyfel oor die manier waarop Hitchcock dood is, maar Thakeng sê hy het vermoedelik gif gedrink. ’n Lykskouing word Woensdag gedoen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Thakeng sê ’n vriend het op Hitchcock se lyk afgekom. Die vriend het bekommerd geraak toe hy hom die hele dag nie in die hande kon kry nie.

Hy het by Hitchcock se huis deur die vensters gaan loer en hom op die bed sien lê. Hy het die deur oopgebreek en die polisie gebel.

Hitchcock is op 4 Mei verlede jaar ná die skietdood van sy vrou, Yvonne Hitchcock (39), en ’n urelange onderhandelingsdrama in hul huis op die dorp deur die polisie in verband met haar moord in hegtenis geneem.

Hy het volgens getuienis in sy borgtogaansoek aan ’n kliniese sielkundige gesê hy weet hy het “opgeneuk”, maar hy “sal sy pak slae soos ’n man vat”.

Hy is toe op borgtog van R5000 uitgelaat.

Lerina van der Westhuizen, ’n kliniese sielkundige, het in haar verslag gesê Hitchcock het aan haar gesê hy weet hy het sy toekoms weggegooi. Hy sal waarskynlik lank in die tronk sit. Hy het vrede daarmee gemaak. Daar is niks wat hy kan doen om “dit terug te draai nie”.

Die aand van die noodlottige skietery sou ’n geestelike ’n vergadering met Hitchcock en sy vrou by hul huis kom hou het. Ooggetuies sou ook teenwoordig gewees het. Dié vergadering is egter tot die volgende aand uitgestel omdat die geestelike nie daar kon wees nie.

Die een ooggetuie was wel daar en Hitchcock het ook dié ooggetuie met ’n haelgeweer probeer skiet, maar die skote het nie afgegaan nie.

Net twee doppies en die haelgeweer is agterna op die skiettoneel in die Hitchcocks se huis gekry.

Volksblad het vroeër berig dat die Hitchcock-egpaar se huweliksprobleme blykbaar geen geheim was nie en dat ’n derde party in hul huwelik die rede vir ’n erge woordewisseling was wat tot mev. Hitchcock se dood gelei het.

Die egpaar se enigste kind was tydens die voorval op 4 Mei by vriende waarheen haar pa haar kort tevore geneem het.

- Volksblad

Lees meer oor: selfmoord  |  gif

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Attie sê... JennyLove Is jy @*$*^% of siek? Die karre sal gesteel word ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

X5 3.0d AT (E70)
2008
R 389,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.