Vermeende kinderverkragter vasgetrek
2011-03-18 23:00
Johannesburg – ‘n Man is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy daarvan verdink word dat hy vier meisies in Bolebedu, Limpopo, verkrag het.
“Hy het die meisies, tussen die ouderdomme van agt en 11 jaar oud, glo met geld en lekkergoed na sy huis gelok en hulle daar verkrag,” het brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder, gesê.
Die voorvalle het glo tussen September 2010 en Maart 2011 plaasgevind.
Lede van die gemeenskap het glo gehelp om die verdagte vas te trek.
Hy sal Dinsdag in Bolobedu in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA