Vermeende kinderdief sit in skoorsteen vas

2010-07-12 08:16
Tweets Share Share line Print

Kimberley - In ’n reddingsoperasie van vier uur lank is ’n vermeende kinderdief wat in ’n skoorsteen vasgesit het, hier gered nadat ’n deel van die skoorsteen bokant ’n kaggel in ’n deftige sitkamer steen vir steen uitgekap moes word.

Die kappery het ’n uur lank voortgeduur terwyl nuuskieriges buite gestaan en die benoude seun in die skoorsteen van hom laat hoor het – ook glo toe die nood druk.

Dit is nog nie bekend wie vir die skade gaan betaal nie.

Dié ongewone drama in Haiderweg in Riviera het Vrydag omstreeks 18:00 begin nadat twee seuns, onderskeidelik 11 en 13 jaar oud, op die huis se dak geklim en in die skoorsteen wou afklim na bewering om in te breek.

Die eienaar van die huis, Leslie Ndzilili, was nie tuis nie.

Toe die 11-jarige vassit, het die ander een se moed hom vermoedelik begewe om ook in te klim.

Dié huis het boonop ’n hoë omheining met hekke wat gesluit is. In die agterplaas is ’n kwaai hond.

Konst. Sergio Kock sê die 11-jarige het halfpad die skoorsteen af vasgesit. Sy vriend het die bure om hulp gevra.

Hy sê die bure oorkant die straat het die polisie gebel. Polisielede het van die toneel af die eienaar van die huis gebel.

Met die media se aankoms het polisielede die 13-jarige seun by hulle gehad. Hy is klein en tenger en sy gesig was met roetstrepe besmeer.

Polisielede, brandweerpersoneel en personeel van ER24 was deurentyd op die toneel.

Intussen het die gekap in die sitkamer begin. Meubels en aangrensende vertrekke was vinnig vol stof. Brandweerpersoneel het omstreeks 21:00 ’n kragopwekker gebring nadat die reddingsoperasie omstreeks 19:00 begin het.

By die skoorsteen op die dak was ook reddingspersoneel. Onder die skoorsteen in die kaggel het iemand die seun se voete gestut.

Die media is nie op die reddingstoneel in die sitkamer toegelaat nie, maar het die vordering probeer dophou wanneer die voordeur vir enkele sekondes oop- en toegemaak is.

Ndzilili, ’n wewenaar en pensioentrekker, het by sy dogter, Nomathemba Ndzilili, op Barkly-Wes gekuier toe dit gebeur het.

Sy het agterna gesê hulle moes private vervoer huur om inderhaas terug te kom Kimberley toe. Die mense wat hulle gebring het, moes toe ure lank op hulle wag.

Al hoe meer lede van die Ndzilili-familie het by die huis aangekom en kon nie glo wat aan die gebeur was nie.

Die seun in die skoorsteen se ouers was ’n rukkie lank in die sitkamer, maar het toe uitgeloop met sy ma in trane.

Buite het Nomzi Ndzilili gevra wie gaan die skade aan haar oom se huis betaal.

Om 23:00 is die seun bevry, in die sitkamer vir skok behandel en op ’n draagbaar uitgedra.

Die media kon toe ingaan. Ndzilili en familielede het in ’n stofwolk verbysterd tussen die stofbedekte meubels gestaan en hul koppe in ongeloof geskud.

Kock sê die seuns is in hegtenis geneem, maar onder die sorg van hul ouers vrygelaat. Die polisie het gereël dat maatskaplike werkers Maandag met die seuns praat.

Hy sê die polisie vermoed ouer misdadigers gebruik dié seuns om misdaad te pleeg. Die polisie sal dié moontlikheid volledig ondersoek.

Die polisie ondersoek ’n huisbraak waarvan die bedoeling onbekend is.

Die seuns verskyn binnekort in die landdroshof in Kimberley. Enigiemand met inligting oor dié gebeure kan die stad se speurders by 053-838-4100 of 10111 bel. 

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.