Vermeende dwelmhandelaars vasgetrek
2011-06-30 15:28
Kaapstad – Twee vermeende dwelmhandelaars is in Goodwood, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat heroïen ter waarde van R450 000 in hul besit gevind is, het die polisie Donderdag gesê.
Lt. kol. Andre Traut het gesê die polisie het 'n wenk ontvang en 'n woonstel in Diana-hof in Voortrekkerweg deursoek.
"Die polisie het sowat 1,5 kg van die dwelm in 'n skootrekenaarsak gevind, sowel as R56 000 kontant."
Die 25- en 34-jarige sal na verwagting Vrydag in die Goodwood-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA