Vermeende diamant-dief in Sandton vasgetrek
2011-03-03 23:00
Johannesburg – ‘n 32-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van ‘n diamant ter waarde van R56 miljoen, het die polisie in die Noord-Kaap Donderdag bekend gemaak.
Volgens kapt. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, is die Kanadese burger, Dennis Bernard, op 27 Februarie in Sandton vasgetrek.
Hy het Woensdag in Strydenburg in die streekhof verskyn en sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 10 Maart.
Die 143.66 karaat diamant is na bewering in 2008 in Hopetown gesteel.
Na bewering is die diamant sedertdien in Amerika opgespoor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA