Vermeende Kaap-dwelmbaas glo buite universiteit geskiet

2011-03-21 22:26
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Man wat Maandagmiddag vanaf ‘n verbygaande motorfiets in Bellville, Kaapstad, op straat doodgeskiet is, is vermoedelik die vermeende dwelmbaas Cyril Beeka.

Die polisie wou egter nie die identiteit van die 49-jarige man wat op Modderdamstraat, Bellville Suid, geskiet is, bekendmaak nie.

“Ek gaan nie identiteite aankondig nie,” het kapt. Joe Wilson Maandagaand kort na 21:00 op die toneel gesê.

Volgens die polisiebeampte was twee mans besig om wes te ry in ‘n silwer BMW toe ‘n persoon op ‘n motorfiets langs hulle ingetrek het naby die ingang na die Universiteit van die Wes-Kaap.

Die motorfietsryer het verskeie skote op die motor gevuur.

“Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor,” aldus Wilson.

Die voertuig het in ‘n heining buite die universiteit ingejaag.

Volgens Wilson is die bestuurder van die motor in ‘n ernstige toestand in die hospitaal.

Hy is in sy bolyf gewond, maar die polisie wou nie bevestig hoeveel skote hy toegedien is of na watter hospitaal hy geneem is nie.

Die 49-jarige passasier is op die toneel dood.

Na vermoede was hy die berugte Kaapse dwelmbaas Cyril Beeka, ‘n sleutelfiguur agter ‘n saak rondom swendelary in die Kaapstadse nagklubwêreld en moordverdagte in ‘n 1999-hofsaak.

The Star het verlede jaar berig dat Beeka die hoofverdagte in die Lolly Jackson-moordsaak gesien het op die nag van die moord.

Die moontlikheid van ‘n geteikende sluipmoordaanval op die insittendes van die BMW word ondersoek, maar volgens die polisie is daar nie in die stadium genoeg bewyse om die motief agter die voorval te bevestig nie.

Beeka word glo ook verbind met die Nasionale Intelligensie-agentskap en was eens ‘n informant vir Umkhonto we Sizwe.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: skietery  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.