Verlof tot appèl toegestaan in haatspraak-saak
2011-09-22 10:13
Johannesburg – Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, is verlof toegestaan om appèl aan te teken teen 'n uitspraak dat hy skuldig is aan haatspraak.
Regter Colin Lamont het gesê: "Daar is 'n redelike vooruitsig dat 'n ander hof 'n ander beslissing as ek kan maak."
Malema is verlede week aan haatspraak skuldig bevind ná AfriForum hom voor die hof gedaag het oor sy gebruik van die "Skiet die boer"-lied.
Die ANC se aansoek om verlof tot appèl is ook Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof goedgekeur.
“AfriForum het reeds twee hofsake met kostes teen Malema gewen en is gereed om dit 'n derde en vierde keer in onderskeidelik die appèlhof en grondwethof te doen,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24