Verkragtingsaak eers uitgestel
2009-09-14 16:02
Johannesburg- Die seksuele mishandeling-saak teen drie werkers van ‘n veiligheidshuis in Krugersdorp is Maandag tydelik uitgestel.
Volgens kapt. Jacob Raborko, polisiewoordvoerder in Johannesburg, wil die landdroshof eers die fisiese adresse van die verdagtes kry voordat hulle voortgaan met die aansoek om borgtog.
Die saak is uitgestel tot 21 September.
Die verdagtes, twee mans en ‘n vrou, het glo by ‘n veiligheidshuis vir kinders wat mishandel is gewerk. Hulle word verdink van verkragting.
–Sapa