Verkragter vas ná gemeenskapslede intree
2011-09-30 22:59
Kaapstad – ‘n Vyf-en-twintigjarige man wat in Khayelitsha
op ‘n aanklag van ontvoering in hegtenis geneem is, staar nou verskeie
aanklagte van verkragting in die gesig.
Luitenant kolonel Andre Traut sê die polisie
beweer dat die man skuldig is aan verskeie verkragtings wat sedert April 2010
in Khayelitsha aangemeld is.
“Op 19 September is die man saam met ‘n jong
meisie gesien.
“Hulle was besig om in die rigting van ‘n
bebosde-area te loop,” het Taut gesê.
“Gemeenskapslede het nader gestaan toe hulle
sien hy probeer die meisie agter ‘n bos insleep, waarna die man gevlug
het.”
Die man is die volgende dag in hegtenis
geneem.
“Die man word daarvan verdink dat hy verskeie
meisies tussen die ouderdom van twee en nege verkrag het,” het Taut gesê.
Hy het Vrydag in die hof in Khayelitsha
verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA