Verkragter nou raadslid

2011-06-23 07:06
Tweets Share Share line Print

Jagersfontein – ’n Klagte is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien oor ’n veroordeelde verkragter wat ná die verkiesing ’n stadsraadslid in Kopanong is.

Die 33-jarige Phindile Decius Basholo is luidens amptelike dokumente en inligting van korrektiewe dienste op 25 November 1999 vir tien jaar tronk toe gestuur weens verkragting.

In Maart 2006 is hy uit die tronk op Fauresmith, waar sy tronknaam “Terminator” was, op parool vrygelaat.

Sy parool het in 2009 verstryk.

Nou is Basholo, ’n broer van ’n vorige burgemeester op die dorp, wyle Freddie Basholo, ’n stadsraadslid.

In die munisipale verkiesing het hy as ’n onafhanklike wykskandidaat op die dorp gestaan en sy wyk gewen.

Hieroor is die VF+ behoorlik die josie in.

Omdat hy ’n misdaad gepleeg en tronkstraf van langer as ’n jaar sonder die keuse van ’n boete opgelê is, was hy nie veronderstel om in die verkiesing te staan nie en moet hy nie ’n stadsraadslid wees nie. Die Grondwet verbied dit.

Jan van Niekerk, LW van die VF+, het ’n klagte by die OVK in die provinsie en by die kantoor van die land se hoofkiesbeampte, adv. Pansy Tlakula, ingedien.

Chris Mepha, Vrystaatse OVK-hoof, sê die klagte is aan die OVK se regsdepartement oorhandig. Die regsafdeling ondersoek nog die saak.

Oor die amptelike klagte dat hy nie in die stadsraad hoort nie, omdat hy weens verkragting in die tronk was, wil Basholo niks sê nie.

“Ek kan nie kommentaar lewer op die aantygings wat teen my gemaak is nie. Die mens wat dit beter as ek kan doen, is dié een wat vir julle die inligting gegee het. Ek gaan nie verduidelik nie.”

’n Jaar voordat Basholo weens verkragting tronk toe gestuur is, het sy burgemeestersbroer hier op die dorp uitgevaar oor verdraagsaamheid teenoor misdadigers.

Dit was oor ’n voorval waarin ’n verkragter op borgtog ’n tweede vrou verkrag het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: verkiesings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.