Verkragter kry lewenslank
2011-03-10 19:00
Johannesburg – ‘n 30-jarige man is Donderdag in Verulam in die streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 40-jarige vrou verlede Woensdag verkrag het.
“Nduduzo Memela (30) het skuldig gepleit op die aanklag van verkragting teen hom,” het kapt. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, gesê.
Memela het kort na die voorval van die toneel gevlug maar is die volgende dag deur die polisie vasgetrek.
“Hierdie vonnis stuur ‘n duidelike boodskap aan misdadigers uit. As jy weerlose vroue en kinders verkrag sal jy swaar gestraf word,” het Zwane gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA