Verkragter kom dien straf in SA uit

2011-01-15 06:40
Tweets Share Share line Print

Hans Joachim Klaar gister op die O.R. Tambo-lughawe kort nadat hy in Suid-Afrika aangekom het. (Lauren Mulligan, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Switserse man wat langer as ’n dekade sy tronkstraf in Suid-Afrika ontduik het, is gister op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park deur polisiebeamptes ingewag nadat hy deur Nieu-Seeland uitgelewer is.

Kol. McIntosh Polela, polisiewoordvoerder, sê Hans Joachim Klaar (48) is op 11 Desember 1998 in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot ses jaar tronkstraf gevonnis weens die verkragting van ’n vrou in Durban.

Klaar het op 17 Augustus 1999 teen die vonnis geappelleer waarna drie jaar van die vonnis vir vyf jaar opgeskort is.

Hy moes dus drie jaar van sy vonnis uitdien en is beveel om hom op 28 September 1999 aan die staat te oorhandig.

“Klaar het op sy seiljag uit die land gevlug. Die Suid-Afrikaanse owerhede het Interpol daarna om hulp gevra om Klaar op te spoor,” het Polela gesê.

Hy is op 14 Desember 2009 deur die Nieu-Seelandse immigrasiepolisie onderskep toe hy met sy seiljag by Opua, North-land, die land ingekom het.

Volgens Polela is Interpol se kantore in Pretoria in kennis gestel en het hulle gevra hy moet aangehou word hangende sy uitlewering aan Suid-Afrika.

“Voorlopige uitleweringsdokumente is na Nieu-Seeland gestuur, gevolg deur die formele uitleweringsaansoek saamgestel deur die kantoor van die direkteur van openbare vervolging in Pietermaritzburg.

“Klaar het in aanhouding gebly hangende die uitleweringsondersoek,” het Polela gesê.

Op 8 September verlede jaar het landdros E.M. Aitkan van die Auckland-distrikshof bevind Klaar is reg om aan Suid-Afrika uitgelewer te word.

Hy het op humanitêre gronde, veral oor die toestand van gevangenisse in Suid-Afrika, teen die besluit geappelleer.

Hy het later sy appèl teruggetrek.

“Ons is onseker of hy nou die volle ses jaar gaan uitdien en/of daar nog ander strafregtelike aanklagte teen hom ondersoek gaan word omdat hy uit die land gevlug het,” het Polela
gesê.

Hy kon nie bevestig waar Klaar die afgelope dekade weggekruip het nie.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.