Verkragte vrou wend haar tot minister

2010-03-01 07:19
Tweets Share Share line Print

Eugene Gunning

George - ’n Vrou van Plettenbergbaai wat na bewering deur twee SAPD-lede van Knysna meer as drie weke gelede verkrag is, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, en Bheki Cele, die nasionale kommissaris van polisie, gevra om in te gryp sodat die saak opgelos kan word.

Sy beskou hulle as haar enigste hoop.

Dit het gister ook aan die lig gekom dat die saak nou deur die Onafhanklike klagtedirektoraat (OKD) ondersoek word en nie meer deur die SAPD nie.

Na bewering was twee SAPD-lede van Knysna in die voorval op Saterdag 6 Februarie betrokke.

In ’n roerende brief wat die 32-jarige eienaar van ’n gastehuis aan Mthethwa en Cele geskryf het, pleit sy vir optrede teen verkragtings en korrupsie sodat die skuldiges aan die pen kan ry.

Dit is nie net ter wille van haarself nie, maar ook vir alle ander slagoffers van verkragtings en korrupsie.

Franz Fischer, haar regsverteenwoordiger, het ’n afskrif van die brief aan Die Burger beskikbaar gestel.

Hy het gister gesê die OKD het die saak oorgeneem.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap, het by navraag bevestig dat die OKD dit hanteer.

Na verneem word sal die ondersoek van vandag deur die OKD in alle erns voortgesit word.

In die brief skryf die vrou sy is erg getraumatiseer deur die voorval en vrees vir haar lewe.

Die voorval het ook ’n invloed op haar familie en veral haar 12-jarige dogter.

As gevolg van die voorval het sy en haar familie die Suid-Kaap verlaat en skuiling gaan soek by ’n onbekende bestemming.

Dit wil voorkom of SAPD-lede van Knysna weet wie die verdagtes is, maar niemand is bereid om na vore te kom nie, skryf sy. Hulle is klaarblyklik opdrag gee om nie oor die voorval te praat nie.

Polisievoertuie wat die aand van die voorval gebruik is om na haar te soek, het opspoortoerusting en dit behoort dus nie te moeilik te wees om vas te stel watter voertuie in die gebied was toe die voorval plaasgevind het nie.

Volgens haar inligting is van die SAPD-lede wat oor die voorval ondervra is, te bang om daaroor te praat.

Sy het ook vrae oor die uitkenningsparade wat ’n paar dae ná die voorval gehou is. Sy beskou verrigtinge daarvan as onwettig.

Sy voer ook aan SAPD-lede in Knysna beskerm hul kollegas.

Senior offisiere weet wie die verdagtes is, maar laat hulle toe om in diens te bly.

Van die senior offisiere het aangedui dat hulle weet wie die skuldiges is, maar hulle kan nie praat nie omdat hulle gedreig is.

Sedert die voorval het sy nog geen beduidende terugvoering van die SAPD oor die vordering van die saak ontvang nie.

Sy het geen respek of vertroue in die SAPD en die staatsondersoek nie.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.