'Verkragte' kankerlyer oorlede

2011-11-19 08:30
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Kankerlyer wat na bewering deur ’n verpleër in die onkologiesaal van die Universitas-hospitaal-anneks verkrag is, is dood.

Magda Lombard (51) is ’n maand lank in die Mediclinic Bloemfontein behandel.

Sy is dae ná die beweerde verkragting ter wille van haar veiligheid hierheen oorgeplaas.

Lombard was ná die beweerde voorval nooit weer gesond genoeg om onder eed aan die polisie ’n verklaring af te lê oor hoe sy glo twee keer deur ’n verpleër verkrag is terwyl ’n verpleegster haar vasgehou het nie.

Haar man Dirk sê hy was gister by haar toe sy om 13:30 in die Mediclinic gesterf het.

Hulle was 14 jaar getroud.

“My brein staan op hierdie stadium stil. Ek is baie hartseer. Ek dink aan niks.”

Die egpaar se kinders was Vrydag ook by haar sterfbed.

Dokters het Donderdag aan mnr. Lombard gesê dat sy vrou vinnig agteruitgaan. Hulle moet die ergste verwag.

“Ek sal altyd my vrou onthou as die goeie vrou wat sy vir my en die ma wat sy vir die drie kinders was. Sy was ’n eerlike, liefdevolle mens. Sy het altyd ander gehelp en bygestaan.

“Sy het veral die laaste weke agteruitgegaan, veral ná alles wat gebeur het. Sy het ’n dapper stryd geveg. Ek weet sy is nou by die Here. Sy is nou veilig.”

Mnr. Lombard wou nie Vrydag oor die beweerde verkragting praat nie.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic, sê al het hulle die familie op haar dood voorberei, was dit steeds vir hulle traumaties.

“Sy het gister haar stryd teen kanker verloor. Dit is vir ons almal sleg. Haar kinders was baie hartseer.”

Die vermeende verkragter moet weer op 1 Desember in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Die deurslaggewende uitslae van die DNS-toetse sal na verwagting dan bekend gemaak word.

Daar sal dan besluit word oor verdere vervolging.

Die toetse word in Pretoria gedoen en voorkeur word hieraan gegee weens die aard van die beweerde misdaad.

Die 31-jarige verpleër is met sy vorige verskyning op borgtog van R500 vrygelaat.

Lombard het haar vermeende verkragter deur middel van ’n foto aan die polisie uitgewys terwyl sy in die Mediclinic was.

Sy was sedert Julie 2010 in haar onderlyf verlam nadat ’n gewas van haar rugstring verwyder is.

Lombard was reeds ’n week voor die beweerde verkragting in die onkologiesaal van Universitas wat op die perseel van die Nasionale Hospitaal is.

Mnr. Lombard het vroeër gesê sy vrou was die week voor die beweerde voorval tevrede met haar behandeling.

Dít het skielik drasties verander.

Hy het die oggend van Sondag 16 Oktober geweet daar is “groot fout”.

Sy vrou kon egter weens haar verswakte toestand nie meer chemoterapie ontvang nie en is sy vir die erge pyn met morfien behandel.

Nadat sy daardie oggend die voorval aan ’n dokter gerapporteer het, het die hospitaalpersoneel gesê die morfien maak haar deurmekaar. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.