Verkragte hoor: ‘Jy is ’n rassis!’

2010-09-04 07:56
Tweets Share Share line Print

Beeld

’n Verkragtingslagoffer moes van ’n polisiekonstabel hoor sy is ’n rassis omdat sy nie wil hê ’n swart ondersoekbeampte moet aan haar saak werk nie.

Dit is maar een van ’n rits probleme wat die 35-jarige ma van ’n sewejarige seun met die polisie se hantering van haar nagmerrie het.

Die vrou het dié konstabel, die aanvanklike ondersoekbeampte, Woensdag gebel oor die vordering van die ondersoek.

Sedert sy en haar seuntjie ses weke gelede in hul kamer in The Orchards in die noorde van Pretoria deur ’n man met ’n tuinvurk oorval is, het die polisie haar nog net een keer besoek.

Die aanvaller het hulle aangehou en geld geëis.

Haar seuntjie het gesê hy het R30 in sy beursie.

Die aanvaller het die R30 gevat, die ma verskeie kere met die tuinvurk aangerand, haar verkrag en ontvoer.

Sy het vermoedelik uit die bewegende voertuig gespring.

Sy kan die voorval nie onthou nie, maar is langs die Mabopane-snelweg (R80) buite Pretoria gevind met ’n gebreekte regterarm en -been en ’n gebreekte kakebeen.

Die vrou se probleme met die polisie het begin toe die polisie meer as twee weke ná die voorval en nadat Beeld hul aandag daarop gevestig het, haar verklaring afgeneem het.

Twee weke gelede het haar eksman haar motor in die polisie se skut gekry. Die motor is eers drie dae ná die voorval daar ingeteken en daar is glo meer as 200 km met die motor gery. ’n Week gelede wou die vrou haar besittings kry wat in die motor was.

Dit was by die Akasia-polisiekantoor ingeteken. Verskeie van dié besittings is glo weg.

Toe die vrou die konstabel vra oor die vordering van die saak, het hy erken hy het nog niks gedoen nie.

“Die konstabel het gevra ek moet hom ’n beskrywing van die man gee. Ek kan nie, want ek kan regtig nie onthou nie.

“Toe sê hy hy kan nie help nie,” het die vrou gesê.

“Toe ek vir hom sê hy doen nie sy werk nie, het hy gesê ek is ’n rassis, want ek wil mos nie ’n swart man vir ’n ondersoekbeampte hê nie.

“Dis net dat ek ’n vrou verkies. Ek is doodbang vir mans.

“Ek wil nie eens uitgaan nie, want dit lyk of elke tweede man op straat my wil aanval.

“Dit gaan nie daaroor dat hy swart is nie. Dit gaan daaroor dat hy nie sy werk doen nie.”

Lt.kol. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die polisiebestuur is bewus van die polisieman se optrede en dit “kry aandag”.
 

- Beeld

Lees meer oor: verkragtings  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.