Verkragsaak teen sakeman teruggetrek

2011-03-08 08:48
Tweets Share Share line Print

Kimberley - ’n Verkragtingsaak van meer as 42 jaar gelede is Maandag hier in die landdroshof teen ’n prominente 79-jarige sakeman van die stad teruggetrek.

Sover bekend was dit die oudste verkragtingsaak in die land se regsgeskiedenis, is Maandag berig.

Steven Groenewaldt, regsverteenwoordiger van die klaagster, kon slegs Maandag bevestig die klag teen die beskuldigde is laat vaar.

Nie Groenewaldt of Stoffel de Jager van de Jager-prokureurs, vir die beskuldigde, kon bevestig of ’n skikkingsooreenkoms wel bereik is nie.

Die 56-jarige klaagster van Pretoria het beweer die beskuldigde het haar verkrag toe sy 13 jaar oud was.

Hy was ’n vriend van haar familie. Ook hy mag ingevolge die Strafproseswet nie geïdentifiseer word nie.

Volgens vroeëre hofstukke het die klaagster dekades lank oor die verkragting geswyg, totdat sy self enkele jare gelede in die tronk beland het.

Dáár het sielkundiges haar die eerste keer ingelig dat sy steeds deur die beweerde verkragting getraumatiseer word en het sy besluit om ’n klag in te dien.

Die Nasionale Vervolgingsgesag wou nie vervolg nie, omdat die saak so oud is.

Sy het toe by die Noord-Kaapse hooggeregshof aansoek gedoen om magtiging om ’n private vervolging in te stel.

Dit is geweier, onder meer omdat die beskuldigde se betoog aanvaar is dat van sy getuies al dood is en dokumente vir sy verweer nie meer beskikbaar is nie. Die grondwethof het toe in 2009 haar aansoek om appél toegestaan om haar klagte in ’n strafhof te bereg.

- Volksblad

Lees meer oor: verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.