'Verkrag'-prof se rekenaar eers ontleed

2012-01-31 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die hofsaak teen ’n Unisa-professor wat glo twee hawelose mans kort ná Kersfees verkrag het, is Maandag in die Pretoriase streekhof uitgestel sodat die polisie sy rekenaar se sagteware kan ontleed.

Die 52-jarige man, met sy hemp tot byna teen sy ken toegeknoop, het in die openbare galery gewag totdat sy saak geroep is.

Hy is op 26 Desember by sy huis in Garsfontein gearresteer nadat ’n hawelose man glo ’n klag by die polisie gaan indien het.

Naas die verkragtingsaanklagte het die polisie ’n aanklag van korrupsie aanhangig gemaak omdat die beskuldigde hulle glo R1 200 tydens sy arrestasie aangebied het om hom te laat gaan.

Careth Ridgard, staatsaanklaer, het die hof ingelig oor die rekenaarsagteware.

’n DNS-verslag en een verklaring kort ook nog. Van die getuies is blykbaar ook soek.

Tobie Schmahl, verdedigingsprokureur, het gesê ’n bloedmonster is reeds van sy kliënt geneem.

“Die DNS is nie in dispuut nie, want daar was toestemming (tot seks).

Die staat wil moontlik besluit of die aanklagte teruggetrek gaan word, afhangend van die inligting op sy rekenaar,” het Schmahl gesê.

Die saak is tot Maart uitgestel en die beskuldigde se borgtog van R3 000 verleng.

Luidens die verklaring van sers. Avhashoni Nevhutalu, ondersoekbeampte, wat tydens die professor se borgtogaansoek ingedien is, het die een klaer moontlik net ’n klag ingedien omdat “die beskuldigde hom nie betaal het nie”.

Die professor het glo twee mans, onderskeidelik 20 en 22 jaar oud, op verskillende aande opgelaai en na sy huis geneem onder die voorwendsel dat hy vir hulle werk het.

“Hulle is glo brandewyn gegee en nadat hulle gedrink het, het die beskuldigde hulle verkrag,” het die verklaring gelui.

“Die beskuldigde onthou die voorvalle, maar nie die klaers nie. Hy sê die seks was met toestemming,” het die ondersoekbeampte gesê.  

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: verkragtings  |  hof  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.