Verkenner: Skiet my eerder as boere, Malema
2010-03-12 04:44
Kaapstad - Die nasionale sekretaris van die Verkenners Beweging, Ben Geldenhuys, het die omstrede leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, uitgedaag om hom eerder as die boere te skiet.
Geldenhuys het Malema selfs 'n dag, datum en plek gegee.
Die Verkenners-sekretaris het Donderdag in 'n verklaring gesê die beweging is "woedend" omdat Malema "skiet die boer" gesing het.
"As Malema dan só graag 'n boer wil skiet, kan hy my kom skiet eerder as om mense op te sweep om bejaarde boere en hul vrouens te skiet," het hy in die verklaring gesê.
Sedert die ANC-regering aan bewind gekom het in 1994 is meer as 3 000 boere, hoofsaaklik bejaardes en vrouens, wreedaardig vermoor.
- Sapa