Verkeersman gevang weens veediefstal

2010-12-28 07:40
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - ’n Munisipale verkeersbeampte van KwaMahlanga, Mpumalanga, is op Kersdag gearresteer nadat hy glo boere se vee gesteel het.

’n Boer het gesê daar is die afgelope maand sowat 2 000 beeste van boere in die omgewing gesteel.

’n Man wat glo vir die verkeersbeampte gewerk het en die vee vir hom gesteel het, het die boere genader en van die verkeersbeampte se beweerde skelmstreke vertel nadat dié hom glo nie wou betaal nie.

Die boere, wat uit vrees vir viktimisering nie hul name genoem wil hê nie, het die bewerings opgevolg en afgekom op vee wat hy op ’n plaas in die Verena-gebied aanhou. ’n Plaaswerker op dié plaas het bevestig dat dit die plaas is waar die verkeersbeampte die beeste aanhou.

Die boer het gesê hulle koop beeste teen tot R6 000 aan, maar wanneer dit gesteel word, word dit teen R2 500 verkoop.

“Die verkeersbeampte sit sy brandmerk oor dié van die regte eienaar en maak dan asof die bees syne is. Toe hy gearresteer is, het die polisie hom gevra hoe hy kan bewys dat dit sy beeste is. Hy kon geen bewys toon dat hy die beeste gekoop het nie,” het die boer gesê.

Volgens ’n plaaswerker op die verkeersbeampte se plaas gebruik hy die plaas die afgelope vyf jaar om gesteelde beeste aan te hou.

Die verkeersbeampte word in die Bronkhorstspruit-polisiekantoor aangehou. Kapt. Sipho Zulu, polisiewoordvoerder, het die arrestasie bevestig.

Lees meer oor: veediefstal  |  verkeerspolisie  |  boere

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

PEUGEOT

206 1.4 X LINE
2006
R 79,990.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2002
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.