Verkeersbeampte vas vir verkragting
2011-02-19 20:08
Johannesburg - 'n 29-jarige verkeersbeampte van die Tshwane-metrogebied is Vrydagaand in verband met 'n beweerde verkragting in hegtenis geneem, het Gautengse polisie gesê.
Lt.kol. Tshisikhawe Ndou sê die beampte het na bewering 'n 26-jarige vrou ontmoet en hulle het saam uitgegaan vir drankies.
Hy wou haar ná die tyd huis toe neem, maar het in 15de Laan stilgehou en haar na bewering verkrag, waarna hy haar langs die pad gelos het, het Ndou gesê.
Die beampte is in Pretoria-Noord in hegtenis geneem en word by die Moot-polisiestasie aangehou.
Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA