Verkeersbeampte tronk toe oor omkoopgeld
2010-10-23 14:30
Johannesburg - 'n Verkeersbeampte van Bronkhorstspruit is ses jaar tronkstraf opgelê nadat hy 'n regter wou omkoop, berig die Saturday Star.
Landdros Peet Johnson het die 46-jarige Unity Lovely Mahlangu in die Pretoria-streekhof skuldig bevind nadat sy omkoopgeld van regter Geraldine Borchers geëis het.
Die hof het Vrydag gehoor dat Borchers, wat verbonde is aan die Johannesburgse hooggeregshof, op 26 Junie 2008 op die N4-snelweg gery het toe Mahlangu haar aftrek omdat sy die spoedgrens verontagsaam het.
Mahlangu het R200 van Borchers geëis.
Die hof het Mahlanghu verlof tot appèl geweier.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA