Verkeersbeampte red baba uit motor
2011-12-15 18:01
Kaapstad – 'n Vier maande oue baba is gered nadat die pa en 'n tannie die kind in 'n motor buite 'n winkel in Maitland gelos het om inkopies te doen, het 'n stadsamptenaar Donderdag gesê
'n Lid van die publiek het op 5 Desember 'n verkeersbeampte, Charlene Saaiman, in kennis gestel van die baba in die motor buite die Maitland Shoprite-kompleks," het hoof-inspekteur Merle Lourens in 'n verklaring gesê.
"Die baba was natgesweet en duidelik gedehidreer...'n Karwag het aan Saaiman gesê die baba se pa het haar gevra om 'n oog oor die kind te hou."
Na verskeie pogings om die pa te kontak, het Saaiman besluit om die motorvenster oop te dwing.
Paramedici het die baba op die toneel behandel waarna die kind na die hospitaal geneem is.
"Die pa word van kinderverwaarlosing aangekla."
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA