Verkeersbeampte, motoris in hof oor korrupsie
2011-10-17 16:51
Pretoria – 'n Verkeersbeampte en 'n motoris is Saterdag in Pretoria-Oos in hegtenis geneem op aanklag van omkopery en korrupsie.
Die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) het gesê hy is nie bang om korrupsie aan te spreek nie, selfs al beteken dit dat hy sy eie lede in hegtenis neem.
"Oor die afgelope twee weke het ons vier beamptes in hegtenis geneem. Drie van hulle is van die Tshwane-metro en een van die nasionale verkeerspolisie," het Collins Letsoalo, waarnemende uitvoerende hoof van die korporasie, gesê.
Die verkeersbeampte en motoris het Maandag in die hof verskyn.
Die beampte is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die motoris wat hom na bewering met R100 omgekoop het, het ’n staatsgetuie geword, het Blessing Ntholeng, woordvoerder van die RTMC, gesê, berig Sapa.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA