'Verkeerde' inligting oor Zuma se huis gegee

2011-10-21 12:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die departement van openbare werke ondersoek hoekom "verkeerde inligting" aan die parlement verskaf is oor opknappingswerk wat aan die presidensiële woning in Pretoria gedoen gaan word.

Mandla Mabuza, waarnemende direkteur-generaal van openbare werke, het Vrydag in 'n verklaring gesê dit is "baie absurd en belaglik dat 'n joernalis feitelik verkeerde inligting" oor opknappingswerk aan presidensiële wonings gepubliseer het.

"Ek wil dit op rekord stel dat daar geen opknappingswerk van R170 miljoen aan die president se woning gedoen gaan word nie," het hy gesê.

"Dit is nonsens. Ek het gevra dat 'n ondersoek onmiddellik gedoen moet word om vas te stel hoekom verkeerde inligting aan die parlement gegee is. Ek soek binne 48 uur antwoorde."

Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, het Donderdag gesê die beplande opknappingswerk is in Maart vanjaar gekanselleer.

The Star het vroeër berig dat binnenshuise opknappings aan Zuma se ampswoning in Pretoria na verwagting R170 miljoen gaan kos.

Dié besonderhede is vervat in ’n geskrewe parlementêre antwoord van Mahlangu-Nkabinde op vrae van Athol Trollip, die DA se parlementêre leier.

Benewens opknappingswerk aan houtrame, balkonne, trappe, vuurherde en kandelare by dié ampswoning, word ’n nuwe aantrekkamer en sauna ook gebou.

Nuwe baddens en toilette word verskaf en die huis sal toegerus word met omvattende energiebesparingstoestelle, waaronder sonkrag-waterverhitters.

Die totale waarde van die opknappingswerk, bouwerk en ander werk wat reeds op Zuma se kantore, ampswonings in Kaapstad en Pretoria gedoen is, sowel as projekte op die Bryntirion-landgoed in Pretoria, beloop meer as R400 miljoen.

Mahlangu-Nkabinde het in haar verklaring gesê geen werk is gedoen nie, en belastingbetalers se geld is nie bestee nie.

"In Maart vanjaar toe ek die voorgestelde koste van die opknappingswerk sien, het ek gesê dit is te hoog en gevra dat dit nie voortgaan nie."
      
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Cele is skuldig aan korrupsie en bedrog maar bly steeds meer as welkom in die ANC.........lyk my die leiers in die ANC het geen integriteit nie. Dis jammer Suid-Afrika word deur sulkes regeer........op watter gronde moet ons onderdanig wees en respek hê. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.