Verkeer teiken bloulig-boelies
2009-11-19 14:33
Kaapstad - Die departement van vervoer in die Oos-Kaap sê dit sal ‘n veldtog loods teen politici wat onwettig blou ligte op paaie gebruik.
"Operation warning lights" sal vir die volgende paar maande toegepas word.
Die departement sê die wet stipuleer dat die gebruik van blou ligte slegs toegelaat word by voertuie wat deur polisiemanne of verkeersbeamptes wat aan diens is, bestuur word.
Dit kan ook deur lede van die weermag, wat goedkeuring daarvoor gekry het, gebruik word.
Provinsiale en plaaslike verkeersbeamptes sal ook optree teen begrafnisondernemers en taxi’s wat oranje ligte op hul voertuie het, het die departement Donderdag gesê.
Mense wat oranje ligte wil gebruik moet eers toestemming by die LUR van vervoer kry.
- Sapa