Verkeer staan stil ná ongeluk
2009-11-18 01:03
Johannesburg – Verkeer op Dalestraat in Midrand het Dinsdagmiddag tot stilstand gekom nadat ‘n taxi verongeluk het, het metropolisie gesê.
"Die bestuurder van die taxi het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan,” het Supt. Wayne Minnaar gesê.
Verdere besonderhede oor die ongeluk is nog nie bekend nie.
Minnaar het motoriste aangeraai om Le Roux, Allandale en die K101 paaie as alternatief te gebruik.
- Sapa